Wat ‘n interresante jaar was 2020 nie. Ons markte het afgradering en politieke skommelinge en Covid 19 en nog afgraderings en verkiesings en manne met oranje oorpakke en nog afgraderings oorleef!
Sedert begin Januarie het ons markte die ergste aanslae in die geskiedenis moes hanteer. Ons het egter verbasende herstel gesien gebeur. Die tipiese Gebalanseerde Fonds het begin Oktober reeds by die Januarie syfer verby gevlieg. Ons sien daarna ‘n verdere +- 10 % groei. Op die beleggings front gaan dit wel.
Die Genoteerde eiendomme sukkel steeds en die portefeuljebestuurders begin baie stadig weer na daardie opsie kyk. Indien jy raad nodig het vra gerus.
Geniet ‘n Geseende Kerstyd en mag 2021 baie minder ontwrigtend wees.